Hollywood is bekend vir sy meevoerende
films wat die kyker “goed laat voel” en dit lyk of iets van hierdie glans op Leading Lady afgeskuur het. ‘n Groot
hoogtepunt is die wêreldpremière van die fliek tydens die Seattle
Internasionale Filmfees (SIFF) op 7 en 8 Junie 2014. Die talentvolle
Suid-Afrikaanse sanger/liedjieskrywer, Matthew Mole, sal ook tydens hierdie
geleentheid optree.
Om ‘n bietjie met die rolverdeling van Leading Lady te spog: sanger Bok van
Blerk se jongste liedjiealbum, Steek die
Vure Aan, het bo alle verwagting reeds uitstekend gevaar. Die Hollywoodse
filmster Gil Bellows het sy meer as 80 televisie en film-krediete nog verder
vergroot toe hy onlangs die silwerdoek met Susan Sarandon en Donald Sutherland
gedeel het. Brümilda van Rensburg het as Jana du Preez teruggekeer tot die
Suid-Afrikaanse TV-skerms in Binnelanders.
Maar ons belangrikste nuus is dat ons eie “leading lady”, Katie McGrath, ‘n rol
losgeslaan het in Steven Spielberg se Jurrasic
World! Met haar Merlin and Dracula-bewonderaarspos wat steeds
instroom, het ons voorgestel dat sy haar posbusfasilitiete vergroot vóór die
wêreldpremière van Leading Lady.
0 comments:
Post a Comment