ADAM (Hugo Ludik, Kyle
Grant & Reynardt Hugo) se splinternuwe CD getiteld GOUD is onlangs vrygestel en het binne die
eerste drie weke van vrystelling, Musica se Afrikaanse Top 20 op die Nr. 8
posissie betree en die 17de posisie op die Musica “Top 50 Charts”
ingeneem. Die titel GOUD
was beslis ‘n voorbode want nou, skaars ‘n paar weke na die nuwe CD
se vrystelling, het die verblydende nuus gevolg dat ADAM se tweede album, VIR JOU GEMAAK, pas goue status (20 000 eenhede
verkoop) bereik het! Dus, dubbel GOUD vir ADAM!
Die eerste enkelsnit, Sal Oorlog Vir Jou Maak, vanaf ADAM se
nuuste CD kraai al vir ses maande lank koning op top radiostasies se
trefferparades in die land. Hulle tweede enkelsnit, ook getiteld, GOUD, is pas aan radiostasies landswyd
uitgereik en speel reeds die klankgolwe aan die brand. Die musiekvideo
van die tweede enkeslnitvrystelling sal ook eersdaags uitgereik word.
ADAM het vroeër hiedie
jaar die verhoog met die wêreldbekende Air Supply gedeel en sal ook te sien
wees by Huisgenoot Skouspel Plus in die Kaap (Julie) en Huisgenoot Skouspel by Sun City (Oktober).
GOUD is uitgereik deur
Luisternet Musiek en word versprei deur Next Music. Die CD is nou
landswyd beskikbaar by alle goeie musiekwinkels.
Webtuiste:
www.adamband.co.za
Twitter:
@adamgroep
0 comments:
Post a Comment