Hierdie groep bestaan uit 3 broers naamlik: Jeff, Reno & David. Dit was 'n
groot aand vir hierdie drie jong manne. Hulle het Saterdag 1 Februarie 2014
hulle tweede CD bekend gestel by Liedjieboer in Midrand. Daar was ook
bekende sangers wat die aand by gewoon het naamlik: MD Greyling en Pieter
Smith wat ook deel was van die Produksie. Die groep het die aand afgeskop
met hulle treffer 'Servette'. Wat 'n fantastiese liedjie, nie eers om te
praat van die res van hulle CD "Horizon". Die manne het omtrent die skare
laat aan hulle lippe hang. Ons kon net nie genoeg van hulle musiek kry nie.
Mens kan dit oor en oor luister en glad nie moeg raak daarvoor nie. Ons het
ook die bemarkings bestuurderes ontmoet, Alta, wat 'n voorreg. Alta het met
ons meegedeel dat die groep reeds vir February voluit bespreek is en dat
selfs Maart net 'n paar openinge oor het. Die groep groei elke dag net meer
en meer. Dit was fantasties om te sien dat hulle geliefdes hulle grootste
ondersteuners is en elke liedjie woord vir woord saam hulle sing.
Dit was vir ons 'n groot voorreg om die aand met hierdie jong manne te kon
deel. Ons wens hulle alles van die beste toe vir die toekoms en mag hulle
van krag tot krag groei. Ons hoop om 'n lang pad saam hulle te kan stap en
dat hulle die beste blootstelling deur search4events kry.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment