MidHartKlop
en ASEMHAAL bied n musiek video projek aan saam met die kunstenaar Marulaboom
ter fonds insamelling en bewusmaking veldtog vir die Wondershoek Kinderhawe in
Middelburg. Wondershoek is die huis van pragtige, belowende kinders wat geen
ander heenkome het nie. MarulaBoom en hierdie kinders span saam om een
behoorlik aandag-trekkende musiek video te maak wat beloof om mense se harte te
steel. Hierdie is n vars, unieke, opwindende en verseker "feel-good"
projek waarmee u vereenselwig sal wil word.
HOOP
Ons het
groot opgewondenheid, hoop en
geloof dat hierdie musiek video vir die kinders van Wondershoek Kinderhawe
goeie bewuswording sal bied asook deure sal open vir gereelde fondse. Meer as
dit wil ons met hierdie projek vir die kinders n eenkeer in n leeftyd
geleentheid gee om deel te wees van n opwindende, opgewekte gebeurtenis wat hul
vir die res van hul lewens sal onthou.
Ons hoop en glo dat mense reg oor Suid-Afrika en selfs op die uithoeke van die aarde die musiek video sal vind en hierdie besonderse kinders sal raaksien. Finansieele ondersteuning is bitter nodig, maar ons koester ook mense wat die kinders van Wondershoek Kinderhawe in hul harte en gebede sal dra.
Ons hoop en glo dat mense reg oor Suid-Afrika en selfs op die uithoeke van die aarde die musiek video sal vind en hierdie besonderse kinders sal raaksien. Finansieele ondersteuning is bitter nodig, maar ons koester ook mense wat die kinders van Wondershoek Kinderhawe in hul harte en gebede sal dra.
MARULABOOM
MarulaBoom
is die veelsydige kunstenaar agter treffers "Doen Die Sexy Hoender",
"Liefling Jy Is Legend" en "As Jy Naby My Asemhaal". Hy was
n stigterslid van die populere groep DJ Ossewa het het al verskeie uitverkoop
teater produksies geskryf en aangebied soos "Diesel & Dats" en
"Groet Die Dronkman".
MarulaBoom
was vir sy musiek en komedie teater al genomineer vir SAMA, GHOEMA, HUISGENOOT
TEMPO en VONK toekennings.
MarulaBoom se opgewekte liedjie "Hallo My Maatjie" gaan gebruik word vir hierdie baanbrekende
projek.
MUSIEK VIDEO
Die musiek video
vertel die storie van MarulaBoom wat oppad is na die Wondershoek Kinderhawe om
vir hulle n vertoning te gee en deel te wees van hul konsert dag. Dit word
oulik en effe komies aangebied waar MarulaBoom te voet, op fiets, te perd,
agter op n donkiekar, in n reeds oorvol taxi, in n sports voertuig saam met n beeldskone
dame, op n bus, ensovoorts reis tot by die kinderhuis. MarulaBoom arriveer by
die kinderhawe agter op n Harley Davidson saam met n hele groep motorfiets
ryers en sing vir en saam met die verblye kinders.
MarulaBoom se
reis na die kinderhawe verwys na hoe die lewe is, soms “travel” jy in “style”
en soms moet jy tevrede wees om self te loop, kaalvoet as dit moet, maar jy
moet altyd die beste maak van elke kosbare oomblik en onthou wat jou einddoel
is en dit in sig hou.
Die musiek video rig ook die
kollig op elkeen van die kinders deur op n "FBI" styl ietsi oor
elkeen te vertel. Elke kind sal iets doen/aanvang waarvoor hy/sy bekend is,
byvoorbeeld, Japie is mal oor “peanut butter”. Die kamera sal n skoot kry waar
Japie n groot lepel “peanut butter” uit die bottel skep en in sy mond sit. Op
daai "lepel in die mond" oomblik kyk Japie stip en verbaas in die
kamera en daardie skoot word op "freezeframe" gehou terwyl al Japie
se info van naam tot stokperdjie op die skerm stuk vir stuk getik verskyn.
BLOOTSTELLING
Op die
internet(YouTube & Facebook) en die DVD weergawe van die video sal daar op
die einde die nodige kontak en bankbesonderhede wees en mense wat belangstel om
te help kan so die Wondershoek Kinderhawe direk kontak.
Die name en info van al die
borge wat hierdie projek moontlik maak, word gewys aan die heel einde van die
musiek video en sal ook rondom die projek se veldtog op elke moontlike geleentheid
genoem en bedank word. Dit sal radio, gedrukte pers en sosiale media insluit.
TEN SLOTTE
Ons wil hierdie kinders se
harte opwarm, hulle hoop opbou, hulle geloof versterk en iets aan hulle gee wat
prysloos is. Iets wat hulle eendag as ouers aan hul kinders kan vertel, n mooi
storie geskryf en geskep vir die kinders van Wonderdershoek Kinderhawe.
Ons sal enige bydrae en
ondersteuning opreg waardeer.
Baie dankie vir u tyd, ons sien
uit om van u te hoor.
Carin 072 106 5231 / cgemmell1@gmail.com
0 comments:
Post a Comment