Pages

Powered by Blogger.

Friday, 28 February 2014

PARANOIA - Gee die toon aan vir wat gaan volg


FOKOFPOLISIEKAR het laas in 2012 ‘n nuwe liedjie vrygestel.  Dit was Dagdronk vanaf die VanFokKingTasties album.  Nou is hulle terug met PARANOIA.


Francois van Coke voel dat Fokofpolisiekar een van hulle “grootste songs tot op datum” geskryf het.
Hunter Kennedy oor Paranoia: “Ons het ons loopbane spandeer om verouderde opinies en stereotipes van Afrikaners af te breek om ‘n nuwe identiteit te vestig.  Daardie identiteit is nog nie heeltemal gevorm nie en ek dink ‘n groot deel van die vorming van die identiteit sal wees vir Afrikaners om hul "Africanness" te aanvaar.  Dit is Afrikaners wat hulself vervreem.  Paranoia is een van die newe-effekte van nie verstaan wie jy is en waar jy inpas nie.”
Fokofpolisiekar sal hierdie jaar aan nog nuwe materiaal werk en Hunter glo dat “hierdie liedjie die toon aangee vir die konsep van die album.”
“Ons praat nou al lank daaroor om nuwe materiaal te skryf.  Dit is moeilik om die skryfproses in almal se vreeslike besige skedules in te pas.  Ons het dit uiteindelik reg gekry om hierdie song klaar te maak.  Paranoia is deur Johnny de Ridder vervaardig, opgeneem en gemeng.  Dit is die eerste keer dat hy die hele proses behartig vir Fokofpolisiekar.  Ek dink Paranoia is vars en ek kan dit nie enigsins anders of beter verbeel nie.  Ek is ‘n groot fan van hierdie song, nes toe ons die eerste Fokofpolisiekar materiaal in 2003 begin skryf het.  Ek is baie opgewonde!” Sê Wynand Myburgh.
PARANOIA is NOU gratis beskikbaar vanaf www.fokofpolisiekar.co.za

0 comments:

Post a Comment