Jack Parow oor die musiekvideo: ‘’Ek is heavy excited oor die video. Dit was ‘n group effort en al my gevaarlike tjommies het gehelp om dit ‘n sukses te maak. Van Casper Lee, komediant Schalk Bezuidenhout, Derick Watts and the Sunday Blues tot EFC champion Juggernaut het kom mal raak. Die video is netso gevaarlik soos die liedjie…so hosh ja, as jy weer terug praat los ek jou met ‘n Bloubek!’’
Kyk by ons videos om te sien hoe lyk "bloubek"
NAG VAN DIE LANG PETTE beloof om Jack Parow kiefste album nog te wees. Dit is sy derde studio aanbieding en word vrygestel as ‘n dubbel-album wat beide sy romantiese en gevaarlike kante afspeel… en dis nou hier! Nag van die Lang Pette sluit 11 akoestiese snitte, 12 nuwe elektroniese snitte en 6 Radio Raps insetsels in
1. Buckle Up (Radio Raps) 1. Raak Rustig (Radio Raps)
2. Bloubek 2. Byellville
3. Trouble in Paradys 3. Dis Befok
4. Ode to You ft Nonku 4. Tema van jou Lied ft Valiant Swart
5. Fok Fokkity Fok ft Dirt Nasty 5. Dans Dans Dans ft Francois van Coke
6. Fee Fi Fo Fum 6. Katerien
7. Stuck in Limbo ft Nonku 7. Die Kruispad ft Mr Cat & The Jackal
8. Smoke Break (Radio Raps) 8. Bietjie Nicci Beach (Radio Raps)
9. Bring your Friends ft PHFAT 9. Eksie Ou
10. Attack Kill Destroy ft Naaldekoker 10. Hard Partytjie Hou ft Francois van Coke
11. Sannie Sê 11. I Miss
12. Dans met My ft Klipwerf Orkes 12. Tussen Stasies ft Pierre Greeff
13. Veilig ft Janie Bay 13. Last Laugh
14. Staan Op ft Francois van Coke 14. Te Gechill (Radio Raps)
15. Over & Out (Radio Raps)
16. The Future ft Rattex
17. Groeipyne (CSI version by Rufio Vegas ft Jack Parow)
18. P.A.R.T.Y
Jack Parow oor die album: ‘’Dank die vader dit is klaar. Daar het baie tyd, sweet en stres in die album ingegaan. Ek het nie besef waarvoor ek opgesign het toe ek ‘n dubbel album aangepak het nie. Dit sou al laas jaar Oktober gedrop het, maar ek is bly dat ons dit tot nou uitgestel het. Al die kief mense wat bygedra het maak dit vir my ‘n baie spesiale album. Dit was ‘n cool proses en ek het saam met die bef*kste kunstenaars in die rondte gewerk. Dankie aan almal wat deel was van die proses. Ek sien nou uit om die tracks live te drop.’’
Nag van die Lang Pette is nou landswyd op die winkelrakke en op iTunes. Nag van die Lang Pette skop af op die Nommer 1 posisie op iTunes Suid-Afrika.
(Die album sal vanaf Mei beskikbaar wees in die Benelux lande.)
0 comments:
Post a Comment