Pages

Powered by Blogger.

Monday, 27 January 2014

Van Coke Kartel verwelkom Dylan Hunt

Dylan Hunt sal Van Coke Kartel se vyfde tromspeler wees vandat hulle in 2007 afgeskop het.

Wynand Myburgh: “Toe ek en Francois Van Coke Kartel begin het, wou ons gehad dat dit meer soos ‘n projek as ‘n band met vaste lede moes wees.  Toe Jedd Kossew en Jason Oosthuizen by ons groep aangesluit het, het dit so goed gewerk dat hulle heeltydse lede geword het en, wat gesien word as ons beste twee albums tot op datum, Wie’s Bang en Bloed, Sweet & Trane, geskep het.”

Francois van Coke:  “Ons was nog altyd geïnteresseerd om te eksperimenteer en vorentoe te beweeg in nuwe rigtings.  Dit was vanaf die begin af ons bedoeling, jeens die word “Kartel” in ons naam.”

Justin Kruger (2007 – 2009), Peach Van Pletzen (2009), Mike Horn (2010) en vir die afgelope vir jaar, Jason Oosthuizen (2010 – 2013) het op die tromstoel gesit.  Nou verwelkom Van Coke Kartel vir Dylan Hunt as die nuuste byvoeging.  Dylan se band van die afgelope tien jaar, Pestroy, is tans op ‘n haitus, so die tydsberekening is perfek vir almal betrokke.

Francois: “Dylan is ‘n gerespekteer musikant,  ‘n wonderlike tromspeler en ‘n fantastiese ou. Ons is baie opgewonde om saam met hom te begin speel.”

Jason Oosthuizen verlaat die band op goeie voet met Francois, Wynand en Jedd se beste wense.  Jason is besig om ander opsies te ondersoek en Van Coke Kartel sal hom mis.

Francois: “Dit was wonderlik om saam met Jason te werk vir die afgelope vier jaar, maar die tyd vir daardie samewerking is vir eers verby.  Ons wens hom net die beste toe.”

0 comments:

Post a Comment